Jy weet daai gevoel wat jy gekry het toe jy klein was en jy stap uit n fliek uit en jy is so obsessed met die storie wat jy nounet gekyk het dat jou hele lewe vir n week of twee net oor daai fliek gaan. As jy saam met jou maatjies skool skool speel is jou naam vir twee weke lank dieselfde as die heldin van daai amazing fliek en jy knip al wat n foto is uit die huisgenoot van die held en plak dit op jou kas se deure.
Nou dit som min of meer op hoe ek gevoel het toe ek uit die VirAltyd teater loop. As jy daai aand in jou bed lê en nogsteeds aan die fliek dink dan weet jy, hy het jou.
Nie net het die fliek my laat terug verlang na Mauritius nie, maar dit het my laat dink… en nie baie flieks laat mens deesdae dink nie. Dis altyd die selfde ou storie met nuwe mense wat dieselfde ou karakters speel.
Vir Altyd is n storie wat liefde van 3 verskillende rigtings af verduidelik, Die een is iets wat meeste meisies my ouderdom aan skuldig is. Die troue is meer belangrik as die huwelik. Alles moet perfek wees…”Een ligte en een donker Protea op elke tafel nie twee ligtes nie!”
Kyk ek is een van daai wat n folder op my rekenaar het en as ek iets sien wat ek op my troue wil doen dan save ek dit, so dis okay om n bietjie paranoïes te wees, solank jy net onthou waaroor dit regtig gaan.
Ivan en Dona-lee is ook natuurlik twee van die mooiste mense op die planeet, so jy kan nie help om so bietjie verlief te raak op hulle love-story nie.
Nog n plus… Joshua na die Reen, Bower Bosch en ADAM se musiek is deel van die prag film.
#Obsessed
Celiscka
x o