Thursday, 28 May 2015

N Brief vir my op 29

Omdat ons jong mense so gepla is met ons toekoms het ek gedink dis n goeie idee om n brief aan my 29 jarige self te skryf.

 N Brief vir my op 29

Hi, ja jy met die paar plooitjies op jou gesig, die man en kind(ers). Dis ek die een wat man loos, kind loos en plooi loos is.

Ek wil nou nie vir jou preek nie maar ek hoop jy is besig met jou bucket list, ek het al my kinderjare j aan hom spandeer. En ek sal dit waardeer as jy dit nie ligtelik opgevat het nie.
Ek hoop toe jy jonger was het jy saam met jou tannies die Kaap se wynplase, strande en strate gaan rooi verf.

Ek hoop jy het saam met jou Vriendinne in n flat gebly. Of dit nou net een van hulle was of al 6 van hulle. Ja ek is seker dit was chaos maar wat is die lewe sonder hulle en sonder n bietjie chaos.
Ek hoop teen die tyd het Katy Perry al n paar shows in Suid -Afrika kom doen en ek hoop jy het jou niggie gevat! Jy het haar belowe.
 
Ek hoop iemand het een of twee keer jou hart gebreek, nie omdat dit fun is nie maar dis nodig. Hulle se mos “Without pain, we couldn’t know joy.” En in elk geval, hoe gaan jy dit eendag vir jou dogtertjie verduidelik as jy dit nie ervaar hê nie.

Ek hoop jy was al orals oor die wêreld. Ek hoop jy en boetie was in Amerika vir die Coacella Festival. Ek hoop jy was In Time Square op Oujaar aand. Ek hoop jy het al Geleer surf… maak nie rêrig saak waar nie, as jy kan dan kan jy. Ek hoop jy het jou duik lisensie gekry sodat jy in Zanzibar kon gaan Scuba het. Ek hoop jy was Amsterdam toe want ek weet hoe baie jy wou gaan toe 18 was.

Ek hoop jy het klaar geswot. Hopelik het jy n fancy graad agter jou naam vir iets interessants en iets waarin jy belangstel.

Ek hoop jy het of jou eie besigheid of jy werk iewers waar jy wil werk, ek hoop dis lekker om in die oggend op te staan en werk toe te gaan. Ek hoop dit is jou passie. Dis al waarvoor ek wens.

Moet nou nie weird raak op my nie en ek weet al my vriendinne moan altyd met my maar ek hoop met my hele hart dat jy al minstens op 24 n man in jou lewe het. Rêrig man… mens word nie jonger nie!

Hierdie is dalk  bietjie far fetched maar ek hoop jy het genoeg geld bymekaar gekrap om vir jou n Jeep te koop. (Ek hoop Jeeps is nog cool in 2022)

Ok seriously jy is 26! Nou moet jy getroud wees. Klaar gepraat.

Ek hoop jy het meer as een van jou vriendinne se Bachelorette party’s gereël. Dit kan nogal fun wees nè ? ;D

En laaste maar nie die minste nie, ek hoop jy is gelukkig 

As my lewe so uitwerk sal dit heel cool wees, as hy nie doen nie is dit ook okay. Jy weet nooit was vir jou beplan is nie. Just get on the rollercoaster and hold tight.
Onthou: When we make plans, God laughs.

Till next time

1 comment:

  1. Jy is soooo oulik en ek hoop jou tannies help gou met jou bucket list!!! Just do it

    ReplyDelete