Ek is so opgewonde soos n kind voor kersfees. Dis hoekom ek nou hierdie blog dedicate aan my vakansie wat oor 9 dae begin.
Eerstens is iets wat ons studente mee sukkel. Geld… jy kan nie op vakansie gaan as jy nie n sent of twee het nie. Jou ma gaan nie elke dag vir jou n roomys koop nie so as jy elke dag een wil hê gaan jy dit self moet koop. Met ander woorde jy moet vinnig n paar worsrolle voor Spar gaan verkoop om n rand of twee saam te vat see toe.
Tweedens n killer beach wardrobe. Ja weereens het jy geld nodig om dit te bemeester. Maar as jy die lifeguards se koppe wil laat draai sal jy n plan moet maak.
Derdens shampoo en conditioner wat daai frizz onder beheer gaan kry. Want kom ons wees eerlik niemand wil soos n Disco danser lyk op die strand nie.
Vierdens n partner in crime. Dis nie altyd moontlik Om iemand saam te vat nie maar as jy kan is dit altyd 10 keer beter. Ek het darem my boetie … dis darem beter as niks.
Vyfdens pak jou Tekke in. Jy gaan jouself oor n mik eet, so as jy nie soos n ‘Fat Amy’ wil huistoe kom nie,moet jy maar gaan draf.
Laastens, staar vir die see so veel soos wat jy kan, want voor jy kyk sit jy weer agter jou rekenaartjie in n kantoor of in n klas met n vervelige onderwyser voor jou.
No comments:
Post a Comment