Hierdie storie is n storie oor n klomp kollegas in n kantoortjie in die ooste van die dorpie Burgboks op die platteland. Die karakters is almal baie uniek, en elke dag in die kantoor is n nuwe avontuur.
Die kantoortjie verkoop bokke. Hierdie bokke word meestal deur boere gekoop en ook aan enige iemand wat hulle gras “Getrim” wil hê.
As jy by die kantoor instap word jy gegroet deur n vriendelik dame met die naam Saartjie.
Saartjie is n liewe mens, en sy is die dorp se sonskyn, haar vriendelikheid is nooit op verlof nie. Sy maak seker daar is koffie vir die boere wat wag vir hulle bokke om gewas te word.
Net skuins van haar is Jack Sparrow. Jack Sparrow werk nou by ons omdat hy deur sy Seerower vriende van die skip af gegooi is omdat hy so erg vloek dat die see hom nie kon skoon was nie. Hy rook soos n stoomtrein en vertel daagliks van sy Besope avonture op die skip en by Burgboks se naaste kroeg.
In die kantoor langs hulle is die groot baas, Snorre. Snorre vat geen bokbollie van niemand nie, as Snorre sy vingers klap is daar tee op sy tafel en n bokpastei. Snorre hou van hard praat met sy werkers en as hulle nie luister nie leen hy n paar woorde by Sparrow. Snorre se kleindogter werk vir hom maar as sy se spring, dan spring Snorre.
In die stal waar die Bokke versorg word en kos kry werk daar twee jong latte.
Ons noem die een sommer K.o.o.s, Agent K.o.o.s . nie juis omdat hy die naam verdien nie maar hy glo hy is deel van een of ander geheime agentskap. K.o.o.s neem snags deel aan n buurtwag groepie. Hulle ry elke aand patrollie deur Burgboks se strate en hou die inwoners veilig. K.o.o.s bring sy Walkie Talkie kantoor toe om vir almal te wys dat hy n baie belangrike man is. Soms roep die ander Buurtwag lede hom op n geheime naam, “Beskermheer”. Hy staan heeldag om Snorre se kleindogter se tafel en vertel haar van al sy avonture, soos Katte uit bome haal vir ou tannies. Kleindogter steur haar nie veel aan hom nie. Buurtwag manne is nie juis haar tiepe nie.
Die ander laaitie is nuut op kantoor. Hy werk nou maar eers n paar maande vir snorre in die stal. Ons noem hom sommer Gawie, Gawie is vreeslik ordentlik. Hy is die teenoorgestelde van Sparrow en K.o.o.s. Gawie leer by K.o.o.s hoe om met die bokke te werk en hulle te versorg. Gawie het net twee probleme. Hy Weet glad nie wat Persoonlike ruimte beteken nie. Hy staan bo op jou as hy met jou praat en al beweeg jy weg sal hy n tree nader gee. Ons het begin wonder of hy dalk n gehoor probleem het. Gawie het ook geen benul as dit by rigting kom nie. Gawie verdwaal as hy by die kantoortjie se hek uitry. Hy bly ook 8 ure weg as hy Pretoors Dorp toe ry. Snorre vererg hom daagliks vir Gawie. Gawie het ook n Skelm verhouding met Saartjie aan die gang, al is Saartjie 4 jaar ouer as hy. Snorre weet nie van die verhouding nie en Saartjie ook nie.
Toe Gawie besef dat Saartjie nie belangstel nie, skuif hy sy gevoelens na Kleindogter. Hy Dra vir haar koffie aan, gaan haal haar by haar kar elke oggend en maak flou grappies as Snorre nie daar is nie. Kleindogter probeer met alle mag van Gawie af wegkom en soms is sy net lus om hom n klap te gee. Gawie Vra Kleindogter elke naweek om saam hom bioskoop toe te gaan, maar kleindogter stel nie belang nie.
In die unieke kantoortjie in Burgboks gebeur daar baie dinge maar op die ou einde werk hulle saam om die beste Bok Handelaar in die land te wees.
*Name is verander
Skrywer het ook effens oordryf vir komediese effek.
Ek lag lekker my liewe Nig. Mooi storie!
ReplyDelete