Wednesday, 24 June 2015

Klein Dorpie Gevoel

Klein Dorpie Gevoel

Deesdae fokus ek baie op eksotiese lande en vakansie plekke in plaas daarvan om die mooi Klein dorpies in ons eie Land n kans te gee.

Klein dorpies laat jou soms voel of jy op n heeltemal ander planeet is, jy voel of jy jou Cowboy boots kan gaan aantrek en in die veld kan gaan loop. Jy sien die mooi raak en jy vergeet n oomblik dat jy n stadskind is as jy iewers is waar daar minder as n paar duisend mense bly.

Clarens

Die Dorpie het my Hart gevang n paar jaar gelede. Hy bestaan uit 1 hoofstraat waar n paar Kunsgalerye n Kersie winkel , n koffie winkel of twee en n Protea Hotel die hele straat volmaak. Dis ysig in die winter en Sneeu is nie skaars hier nie maar gelukkig sorg die Gastehuise vir n Kaggeltjie.


Prins Albert

Soos alle Klein dorpies, besit Prins Albert ook net 1 lang hoofstraat. Om elke hoek en draai is daar n Koffie winkel met n oulike naam. N Paar Antiques in ou plaas huisie, aar tussen die Berge voel dit baie naby aan die hemel


Herbertsdale


Hierdie dorpie is so klein ek kon nie eers n ordentlike foto van hom kry nie. Al hoe ek van hom weet is omdat een van die mooiste wynplase naby hom is. Jakkelsvlei het my hart gekry :p Nie juis omdat die wyn amazing is nie maar omdat dit absoluut stunning is en die boer is ook nie te sleg nie ;)  Daar is geen teer pad in Herbertsdale nie en daar is skaars n ordentlike Kafee. Maar die Groen berge en velde maak op vir alles.


De Rust

De Rust is n paar killometer van Oudshoorn af. Die oulikste Koffie en Koek plekkies Volg mekaar al langs die straat af. Ons gunsteling Plekkie op De Rust is The Trading Post, n Restaurant met klomp Antiques in van Ou Rokke tot Tassies wat alles teen die muur opgehang is.


Mosselbaai

Mosselbaai is my hart se punt, hy is nie die kleinste dorp nie maar hy is ook nie die grootste een nie. Plus ek soek net n Verskoning om oor hom te skryf. Daar is nie n plek in hierdie wêreld Mooier as Mosselbaai nie, en daarvan is ek doodseker. Die Mense, die see, sie strate dis alles perfek.


Graaff Reinet


Almal weet van die Beautiful kerk in die dorp. Al is hy groter as 1 hoofstraat kan jy nogsteeds in die aand in die straat rondloop en maak of jy n plaaskind is.


Kaap se Hoop

Die plekkie is net buite Nelspruit. Dis kleiner as n dorpie en baie verlate, maar wilde perde loop tussen die koppies rond. Dit lyk soms baie spookagtig omdat dit baie mistig daar is n omdat daar net n paar geboutjies hier en daar is maar ek dink dit is wat dit mooi maak.


xx

No comments:

Post a Comment