Hoe skokkend is dit dat dit amper kersfees is? Toe my ouma vir my vra wat is op my wens lysie vir Kersfees toe wou ek omval. (En ja my ouma vra nog vir n wens lysie al raak die lysie al hoe korter hoe ouer ek word.)
Dit was altyd baie extreme toe ek klein was… my ma moes my heeltyd herinner dat kersfees nie oor geskenke gaan nie. En ook dat ons net 5 items op die lysie mag sit. Dit het gewissel van n Barbie kar, na n Baby Born na n duisend Barbie Videos… ja dis skokkend ons het gelewe in die tyd van videos.
Deesdae lyk die lysie minder extreme en dit bestaan meestal uit itunes vouchers en Gym tekkies. Dis tye soos die, as jy n klomp wense op n papier neerskryf dat jy besef hoe baie jy het om voor dankbaar te wees. As jy nie aan iets kan dink wat jy wil hê nie dan moet jy weet… BLESSED.
Die tyd van die jaar is my gunsteling, en ek glo ek is nie die enigste een nie. Al die kersfees versierings in die winkels, geskenke soek, vakansies wat nader kruip. Desember is letterlik die maand van die Hemel. Almal vergeet so bietjie dat hulle n werk het om na terug te gaan, al het jy net n week of a paar dae vakansie.
Persoonlik dink ek Suid Afrika se Somer Kersfees is die beste. Ons kan op die strand lê op Kersdag en in die strate rond loop in ons plakkies. Ons kan braai en buitelig partytjies hou. Al het ek nog nooit n Winter-sneeu Kersdag beleef nie, weet ek ons-sin is my Favourite.
Merry – Almost – Christmas
x
No comments:
Post a Comment