Ek is foto mal! Ek neem alles af, orals waar ek gaan. Ek sal die een wees in die restaurant wat almal se borde reg posisioneer voor ek n foto neem. Ek neem elke koffie koppie af wat ek moontlik kan kry en as daar n roos naby is, nog beter. As iets vintage of oud lyk sal ek dit tien teen een ook afneem… teen n duisend verskillende angles.
Omdat ek foto mal is is ek ook mal oor Instagram! Vir die wat nie weet wat dit is nie ( :0 ) Dit is n app waar jy fotos oplaai en dan kan jy dit ook edit. Jy kan mense volg soos Celebs en jou vriende sodat jy hulle fotos kan sien. Mense kan jou fotos like en ook daarop comment. Dis die beste app wat enige mens nog ooit kon en sal uitdink. As jy Instagram het voel jy net baie cooler as wat jy is, so dit is goed vir jou selfbeeld. As jy meer as 11 likes kry dan voel jy soos n Celebrity. So oor die algemeen is Instagram net Amazing.
Maar Natuurlik is daar altyd mense wat die hoender ruk! Mense Wat dit verwar met Ander apps soos Facebook en Twitter.
Eerstens kry jy die Mense wat die app download. Hulle profile opstel en dan niks verder doen nie. Hulle like niks hulle comment op niks en hulle post niks. Ons noem hulle die spoke. Hulle is net daar maar niemand weet hulle bestaan nie.
Dan kry jy die “Ek-Dink-ek-is-n-celeb-want-ek-het-20-likes-op-elke-foto” persoon wat dink hulle is baie cool want hulle kry meer as 20 likes so as jy hulle volg dink hulle hulle is te belangrik om jou terug te volg. Dis Instagram-etiket mense, dis soos om dankie te se en dan se iemand “Dis n plesier.” Dis hoe dit werk.
Dan kry jy die mense wat TE betrokke is. Hulle lê op jou Page en like elke liewe foto wat jy oplaai, hulle Comment op al jou fotos en hulle tag jou ook in alle fotos, hierdie is alles goed en wel as jy die persoon ken maar soms follow @Mohammed784z jou, en jy ken hom van geen kant af nie. Dan dink @Mohammed784z dis oulik as hy so aangaan. Nee, Mohammed Nee!
Iets wat ek nie verstaan nie, is die mense wat hulle profiel private hou. Dit beteken Jy kan niks sien wat hulle post nie. Jy moet hulle eers volg voor jy enige iets kan weet van die persoon af. Skaam of bang vir mense soos @Mohammed784z?
Hierdie persoon is die een wat die meeste op my senuwees werk. Hierdie mens was vandag op n uitstappie by die Leeupark. Hierdie mens het 30 fotos van leeus geneem. Hierdie mens vergeet dat dit Instagram is en nie Facebook nie, hierdie mens laai al 30 fotos een vir een op. NEE! Daar is n rede hoekom jy nie meer as een foto gelyk kan oplaai nie.
Dan kry jy die mens wat so graag 100 likes wil hê, maar al wat hulle kry is 3. Hierdie mens #Hashtag Alles! #ek #was #by #die #mall #saam #met #my #ma. Dis nie hoe dit werk nie. Dis hoekom jy net 3 likes kry. Dis hoe jy dit doen. >> #Mall #OutWithMom. Dan weet almal saam wie en wat jy gedoen het.
Die volgende ken ons almal. Selfie-ish! Almal hou van n selfie hier en daar. Saam jou Vriende, By n Konsert, Saam met Bobby van Jaarsveld ens. Maar niemand en rêrig niemand hou van iemand wat elke dag 12 Selfies op Instagram laai nie. Hierdie is nie n Self – promotion website nie. Ander mense wil nie jou gesig elke dag, 12 keer op hulle newsfeed sien nie.
Maar ek moet se sonder hierdie mense sou Instagram nie dieselfde gewees het nie. So baie dankie vir jou as jy een van hierdie mense is. :)
Gaan download die app Dit sal jou lewe verander!
Follow my ook Gerus @SleepingOnASurfboard op Instagram.
Latweet my in die Comments hier onder wat jy dink, of wat jy wil weet of selfs wat jy voorstel ek oor skryf.
Till next time
C
Dink nie ek sal Instagram ook kan baas raak nie. Ek dink ek het nou my social media skills tot op die uiterste beprief! Mooi een, en passop maar vir Mohammed756
ReplyDeleteEk is een van die spoke! Sorry!!
ReplyDelete