Hierdie Vrydag aand was omtrent n aand van interessante gebeurtenisse . Ek en my Squad het besluit om te kajuit na Emperors Palace toe om die vreeslike Konserwatiewe restaurant Hooters te besoek.
Ja Hooters, dit was vir my n groot stap om my voet by hulle deur verby te kry want ek het vas geglo dat dit Tragies en uiters kommin is om daar te gaan eet of drink.
Die rede waarom ons hulle besoek het was omdat hulle Coctails R16 was van 5 uur tot 7 uur. Soos die opregte studente wat ons is, kon ons nie hierdie kans laat verby gaan nie. Al is dit die 4 de September is ons al klaar heeltemal platsak. So ons het 5 uur daar opgedaag terwyl die res van die wêreld nog by die werk was.
n Langbeen- spinnekop meisie het ons na ons tafel gevat. Haar Broekie was so groot soos my linker kous. Net om julle n idee te gee. En sy het ook definitief nie haar Hempie by die NG Kerk se Kermis gekoop nie.
Die atmosfeer was heel gesellig en ons het weggeval op die R16 Cocktails met name soos SandyPants en Chrismas Lights and Lemonade. Skielik kry my ore n hartaanval toe daar n lied deur die speakers blêr en die dollas opspring en begin dans. Natuurlik het die mans gedink dis krismis en gestaar soos n klomp breindood Wolwe.
Halfte van hulle het seker nie die Hooters Dans klassie bygewoon nie want hulle het nie die dans geken nie. Dit is noggals ongemaklik as almal klap en sing en 2 spinnekoppe staan net daar en lyk verward. En mens het nie juis n duisend breinselle nodig om n dans te leer nie.
Maar die keerpunt van die aand was hulle kos , dis Amazing. Regte Amerikaanse Kos. Buffalo wings en Curly fries. Burgers. Quesadillas. Bacon wrapped Chicken Wings. Ja dit klink soos die hemel.
Op die ou einde het die aand ons Plat-sak-studente-beursies glad nie gehelp nie...

No comments:
Post a Comment