Wednesday, 13 May 2015

Hallo Wêreld

Here goes nothing!

So hierdie is my eerste attempt om n Blog te begin. Hoekom? Ag want ek en my Vriendin het n diep gesprek gehad oor hoe ons nie eintlik is waar ons wil wees in die lewe nie. Ek dink toe, hoekom skryf ek nie daaroor nie, dalk is daar n paar verlore Tieners soos ons daar buite wat ook opsoek is na iets.

Dis eintlik tragies want ons is nog so jonk, alles is veronderstel om opwindend te wees en ons is ook veronderstel om soos n klomp Hippies aan te gaan en geen worry in die wêreld te hê nie. 

Maar dis nie die geval nie, ons is dalk jonk maar ons is definitief nie sorgvry nie. Toe ons in Matriek was het ons skool weggewens, ons het gedroom van ons grootmens lewe, ons het gedroom van "Independence". Nou het ons dit, maar ons soek meer. Ons soek geluk! Ons soek opwinding en avontuur. 

Ek sit in n klein kantoor en staar vir my Laptop, maar eintlik hardloop my hart rond in n vreemde land. Enige land, enige plek. Net nie hier nie. 

Ja, ons ouers se ons moet prakties wees, ons mag droom maar ons moet ook geld maak. In Ma en Pa se taal beteken dit : "Nee my kind jy kan nie n Fotograaf word nie, jy gaan arm wees." of "Nee my kind, n sangeres? Rêrig? " of "My kind jy wil dan kinders hê en trou? hoe gaan jy n Lugwaardin wees en n familie hê?" 

Ek is seker almal het al so n scenario beleef. Soms wens ek net e het die Guts gehad om so iets te doen. iets te doen wat my gelukkig maak al lewe ek op Two-Minute noodles elke maand. 

Soms moet ons net doen wat ons wil, al is dit nie goed vir ons nie! 

1 comment:

  1. Liefste Wyn, Rose en Romanse
    Jy is jonk en vry! Jy moet droom en somtyds is dit heel maklik om drome na te jaag! Mits dit realisties is. Gaan werk op 'n boot! Of op die Karibiese Eilande, weet net dat jy verantwoordelikheid moet neem vir jou besluite en aksies. Daai 2 min noodles wat jy vanaand gaan eet moet betaal word. En jou ouers gaan nie daai rekening finansier nie, want nie een van hulle was eers op so eksotiese plek nie. "The sky is the limit" is nie onwaar nie. Ek glo jy kan enigiets doen wat jy wil, solank jy bereid is om burgers te flip, of koffie aan te dra of pizzas af te lewer. Iewers sal jy 'n werkie kry. Maar jy kan nie net oppak en gaan nie. Ongelukkig het jy bietjie geld nodig. So werk, spaar en laat jou drome waar word. Doen dit nou en ervaar die lewe moenie oor 15 jaar wanneer jy getroud is en met kinders sit terug verlang na die dae toe jy enkel en "vry" was nie. Jou ouers is ook nie altyd verkeerd nie, ons het maar swaar groot geword, ons was bang om kanse te neem omdat ons maar altyd die sente moes omdraai. Jy het baie beskermd groot geword en hulle weet dat jy dalk nie heeltemal reg is vir swaarkry nie. Om die wêreld te verken gaan nie elke dag maklik wees nie, jy moet dood seker maak dat jy reg is om die nes te verlaat .... Want gewoonlik is daar nie omdraai kans nie. xxx

    ReplyDelete