Thursday, 21 May 2015

10 Wenke vir n goeie week.

Hierdie week het my happy-meter baie laag gehardloop. Dinge gebeur in jou lewe en jy weet nie altyd hoe om dit te hanteer nie. Wat jy wel moet onthou is hoe om op te staan as die lewe jou omgestamp het. Niemand se dis maklik nie, maar inplaas daarvan om op die slegte te fokus moet jy weer die dinge raaksien wat saakmaak.

1. As jy soos ek... sukkel om in die oggend wakker te word. Veral nou dat die winter nader sluip. Sit jou radio of TV aan op n musiek kanaal terwyl jy wakker word en jou koffie drink. Daar is niks beter as jou gunsteling liedjies wat speel terwyl jy jou siel reg maak vir die dag ni
 2. Trek mooi aan. Al is jy nie lus nie sal jy beter voel as jy weet jy gaan jou Geografie Student onderwyser, Mnr DropDeadSexy in Woolies raakloop. Jy hoef nou nie soos Kendal Jenner te lyk nie maar ek voel altyd beter as ek weet ek lyk ordentlik.

3. Weereens musiek. As jy oppad is werk/skool toe, speel jou musiek so hard as wat jy kan! (Sonder dat dit gevaarlik raak) Sing saam maak nie saak wie vir jou staar nie. Jy gaan die persoon wat langs jou by die robot stop, nooit weer sien nie. So sing asof hierdie jou show is. Dalk maak jy iemand se dag?


4. Teen Woensdag kan ek nie meer nie. So om my deur die week te dra, reël ek iets vir die naweek. Enige iets van n Vrydag aand shopping spree saam met ma (want sy het geld, jy het nie.) tot n sleepover saam met jou Besties. Enige iets om jou opgewonde te maak. 

5. Kyk Ellen! Dis nie n voorstel nie, dis n opdrag. Ellen doen amazing dinge vir baie mense en sy laat jou lag al wil jy nie. Dis ontspannend en lekker om na haar te kyk. Sy is n inspirasie vir my

6. Cheat dag! Dis my favorite dag (soms week). Op hierdie dag eet jy net wat jou hart begeer, Mc Donalds, Pizza, Doughnuts, koek. Alles, solank jy weet jy moet jou boude af gym vir die res van die week!

7. Na jou cheat dag moet jy GYM! Vir baie mense is dit moeite maar vir my is dit lekker. Dis wanneer ek en my vriendin opvang oor die dag se gebeurtenisse en dit help om ontslae te raak van al jou frustrasies.


8. Drink Koffie. Vat iemand vir n koffie date, Ouma, ma of n vriendin. Kom bietjie uit die huis uit en gesels bietjie met iemand. Staar na die vreemde mense wat om julle rondloop en praat oor harts dinge.

9. Glimlag. Kyk of jy iemand kan aansteek met jou glimlag. Dit vat niks van jou af om jou tande te wys nie. "Your never fully dressed without a smile :D"

10. Dis Naweek! Geen wenk is nodig nie...



Till next time :D 

C




   

No comments:

Post a Comment