Niks maak my gelukkiger as Somer maande nie. As die sonskyn in die oggende as jy opstaan, as die hitte jou laat ween as jy in die kar klim na jy iewers heen was, as jy op Saterdae kan shorts dra en Swem terwyl jy die hele buurt se braaivleis kan ruik. Dis wanneer jy weet dis somer.
Behalwe dat somer na winter kom, en winter is gelyk aan VetWordSeisoen. So nou is die Gym weer vol en almal slaan vuis oor n tredmil want hulle besef dat Desember drie maande weg is.
En dit is baie scary. Laas jaar hierdie tyd was ek n vreesbevange matriek wat oppad was om rekord eksamen te skryf. Nou is ek n bitter arm student wat half dag werk en ek moet se ek glo ek is n bietjie wyser as wat ek laasjaar die tyd was. My eerste jaar van swot is amper verby en dit is vinniger as n oogknip verby. En dis meer scary as ek dink waar ek volgende jaar die tyd gaan wees.
Maar vir nou het ek Mosselbaai-koors. Dit tref my gewoonlik hier einde Julie, dan wil ek net in my kar klim en die lang pad na die baai aandurf. Dan is ek moeg geleer en gewerk. Moeg vir die Stad, moeg vir die winter. Daar is geen Medikasie of behandeling vir hierdie koors nie behalwe om daar uit te kom nie. So elke dag is n Stryd.
Nou die dag het ek n liedjie op Youtube gesien wat my nogal baie geraak het. Dit gaan oor n meisie wat besluit om net haarself lief te hê, sy besef sy het nie iemand nodig om haar lief te hê as sy dit self kan doen nie.
Dis nogal belangrik vir girs om te besef dat hulle nie elke dag hoef te soek na n ou wat haar kan lief hê nie. Jy het niemand nodig nie, jy kan net jouself wees en jouself eerste sit.
Kliek hier onder !!
💜 jou my niggie
ReplyDeleteSo waar! En "what's not to love?"
ReplyDelete