So as jy dink aan n kaskar dag… dink jy seker rug aan laerskool dae. Weke voor die tyd het jy en jou klassie bespreek soos wat julle wil aantrek. Vir die meisies het dit net gegaan oor die uitrustings. Vir die seuns hoe vinnig die kar was en of die klas gaan wen. Hulle wou nie hê die meisies moes bestuur nie want dan gaan die klas verloor.
Omtrent 10 jaar later het niks veel verander nie, die girls worry oor die klere, tema, Entrance- Dans en hoe ons ons hare in tyd gaan klaar kry. Die manne worry net oor die spoed van die kaskar en hoe cool ons gaan lyk teenoor ander spanne.
Grease was op die ou einde ons tema en almal was heel opgewonde om bietjie op te dress vir die okkasie. Polkadot skirts en serpies. Kruisbande en HaarGel, Stywe swart broeke en Krullers in die hare.
Toe die dag aanbreek was die Spanning hoog onder die girls net voor ons moes dans voor die skare. Spanning was ook hoog onder die seuns toe hulle die kar die eerste keer teen die heuwel moes laat Af gaan.
Ons moes teen spanne soos MAD MAX, Saw en n paar Boertjies kompeteer vir die “best dressed” toekenning en al was ons kar bitter vinnig het ons in 2de plek geëindig en almal het maar n bietjie “Sore-loser sindroom” gehaat.
Maar aan die einde van die dag het ons baie gelag en pret gehaat saam met mense wat die lewe die moeite werd maak.
Jy sooo mooi Katherine Heigl! Xx
ReplyDelete