Thursday, 19 November 2015

ThrowBack

Soos julle kan sien lyk dit bietjie anders hier… ek was lus vir n bietjie van n verandering want hulle se mos “a Change is as good as a holiday” en ook omdat ek verander het in die 5 maande wat ek hierdie blog doen. 

Praat van verandering… hoe baie het verander in die jaar. As ek moet terug dink waar ek n jaar terug was: 

Seker by die huis besig om te leer vir biologie… of wag besig om te maak of ek leer vir biologie terwyl ek en die vriendinne ure lank op ons WhatsApp group aangaan oor hoe opgewonde ons is vir Matriek Vakansie. Nou sit ons almal op verskillende plekke besig om te werk of leer.

Ek onthou hoe bang ons was n jaar terug om die grootmens lewe in te spring. Ons het nie geweet wat vir ons voorlê nie en hoe suksesvol ons gaan wees nie. Party van ons het nog nie eers geweet wat ons gaan doen met ons lewens nie. En hier sit ons nou… almal is besig met hulle eie ding, elkeen verdien sy salaris (al het ons nog nie die Spaar afdeling onder beheer nie) en dit was eintlik glad nie nodig om bang te wees nie.

Ons het eintlik ook nie n keuse gehad nie, die lewe gaan aan of jy nou bang is of reg is, die stroom sleep jou saam, so maak seker jy is reg as die nuwe jaar kom.

In die jaar het ek baie geleer van die wêreld, van myself, van my vriendinne en van die Here. So al waarvan ek seker is is dat oor n jaar as ek weer hier sit en skryf oor hoe die jaar was, sal ek nog n paar dinge by geleer het.  



No comments:

Post a Comment