Thursday, 23 July 2015

#Gym101



Dinge om te vermy in die Gym

Die Gym is n plek wat ek eers n paar jaar terug ontdek het. Dit was altyd n stryd om by n gym aan te sluit toe ek jonger was want niemand kon my vat nie en dit was duur en hopeloos te veel moeite. Gelukkig vir my het ons Hoërskool besluit dat dit n goeie idee is om n gym te bou.

 Dit was n goeie idee. Want No.1 dis bekostigbaar vir skoliere No.2 dit is by die skool, so niemand hoef te huil oor die vervoer nie en No.3 jy kan jou in n koma in lag vir die wiskunde onnies wat die aerobics klasse bywoon.

Vir baie mense is die Gym n nare en vreemde ervaring. Glo my dit vat tyd om daaraan gewoond te raak. Nie net is daar n 100 mense wat rondloop soos n klomp opgestopte worse nie, maar daar is meer as n 100 oefen apparate en jy weet nie of jy nou moet roei of trap nie.  

By enige ander plek in die wêreld is daar sekere Do’s en Don’ts wat oorweeg moet word wat jou ervaring gaan verbeter. 

Do’s :

•   Vat altyd n handdoek. Dis n moet. Dis soos jou geweer op die grens. Sonder jou handdoek is jy n gross gewonde soldaat



•  Vat altyd n bottel vir water. Ja ek weet daar is n waterkraantjie wat jy water in jou mond kan inspuit, maar kom ons wees eerlik. Dis gross en baie embarrassing  as jy jou hele gesig natspuit voor die hele gym.

Geniet dit. Al is dit nie altyd fun om vroeg op te staan of laat in die aand te gaan nie, voel jy tog heel goed na die tyd. 

Vat iemand saam as jy kan! Dis altyd lekker as jy iemand het wat jou kan motivate as jy wil opgee.



Don’ts:

Moet nie daai “To focused to be nice” person wees nie. Jy is so besig om te draf dat jy nie kan hoor dat iemand vir jou Hallo se nie. 

Dress for the occasion. Almal is ongelukkig nie so gelukkig om soos die Kardashians te lyk as hulle oefen nie. So ons moet maar aantrek soos normale mense. Dis cool en als as jy n six of n eight pack het maar weet jy mense kom gym toe omdat hulle nie so great oor hulself voel nie, dis nie nodig dat jy daar rondloop in jou Sportsbra en jou Gr 3 Ski pants nie. 



Moet ook nou nie in jou dikste baadjie  kom gym omdat jy gelees het in Shape Magazine dat jy dan 30 kilogram gaan verloor In 2 ure nie, almal om jou wil uitpaas en n sak ys oor jou gooi. Niemand gaan 30 killogram verloor in 2 ure nie.

•  Moet nie n besitlike gymmer wees nie. Jy kan nie vir my se jy sit elke aand op dieselfde fiets want hy is jou favourite nie. Almal lyk en voel en is dieselfde. In ons gym het ons twee girls wat elke aand n uur lank op dieselfde fietse sit terwyl daar lewens groot n bord voor hulle hang wat se “Max 20 Min”. 


Till next time 

xo

No comments:

Post a Comment