Ek sit nou hier en staar vir die skerm vir langer as 5 min want ek het geen idee waaroor om te skryf nie. So terwyl ek so sit en staar begin ek toe skryf oor alles wat in my kop opkom.
Laas naweek het ek weer my vriendinne na n lang ruk gesien. Ons was heel oulik met wyn en fondue in kerslig, alles te danke aan loadshedding. Jy besef eers hoe lief jy vir hulle is as jy hulle 2 maande laas gesien het en julle kan net weer aangaan waar julle opgehou het. As mens ouer word besef jy dat dit moeiliker is om by jou vriende uit te kom. Almal is besig met hul eie dinge in hul eie besige lewens maar op aande soos die as jy so sit en almal lag vir n simpel grappie dan besef jy hoe baie jy dit gemis het.
Dis toe dat ons besluit ons gaan ons goedjies die naweek pak en gaan kamp. Al weet ek nie hoe gaan ons een tas in my Chevy se boot laat pas nie, sal ons n plan maak . Ons beplan ons naweek stap vir stap. Die laaste ding wat ons aan gedink het was die weer. Op die besonderse naweek is daar drie koue fronte oppad. Maar ons gaan nie toelaat dat dit ons stop nie.
Ons gaan behoorlik bos-style… geen haardroërs, geen straightners, geen verwarmers. Net n vlammetjie wat ons self moet maak en die yskoue buitelig. Dalk sal n wyntjie en n paar Kitaar treffers ons warm hou.
Natuurlik is die ouers se senuwees klaar want ons moet bestuur tot daar. En al is dit n uur of wat se ry, weet ek my ma is op haar knee daai hele uur. (Ek waardeer dit mamma.) Maar as Oupa se Ry met sy Jeep. Dan is ons eers opgewonde. Alles lyk beter in n Jeep
.
Natuurlik gebruik ons die naweek as n verskoning om te vergader en te gaan lunch. Ek het n bekende Quote wat ek van kleins af gebruik. “As ons saam is, dan eet ons.” En dit pas perfek by die situasie. Hoe se Snotkop? “Dikkelicious”
Nie net eet ons nie maar ons spandeer al ons geld.
Daai gevoel van jy weet jy moet nie nou in n winkel instap nie want jy weet jy gaan al jou geld blaas, maar dan gaan jy in anyway en dan sien jy alles wat jou hart begeer en alles wat jou beursie laat huil. Hoekom een paar oorbelle as jy 3 kan koop?
So Saterdag Oggend Klim Ons in ons vol gepakte karretjies en wiel al die pad in die bos in.
Wish Us Goodluck
Xx
C

Geniet dit! En wees veilig en warm!!!! 💜
ReplyDelete