Fees met Hart
Die fees met die meeste hart is definitief Innibos fees. Al is die fees net 4 dae lank is hy die beste! Daar is nie een dag wat jy verveeld rond loop nie. Daar is elke minuut van die dag iets om te doen.
Jy Weet jy is InniBos as jy Tussen 40 000 stoele sit en jy is lus vir Pannekoek maar jy kan nie beweeg nie, almal dans want Theuns Sing Soos Bloed.
Die mooiste ding van die jaar se fees was dat hulle n uitreik vir dowe mense gedoen het. Elke aand was daar twee Tolke wat n paar liedjies vir die dowe gehoor vertolk het. Musiek is iets wat baie naby aan my hart lê en dit is hartverskeurend om te weet dat daar mense is wat nie eers weet hoe dit klink nie en wat nie musiek kan hoor nie.
Nog n hoogtepunt vir my was die SANBS (South African National Blood Service) wat n stalletjie opgeslaan het waar jy kon bloed skenker. Na n half duisend papierwerk, bloeddruk toetse, Yster inhoud toetse en n Kruis verhoor het ek uiteindelik vir die eerste keer bloed geskenk.
Wat ek agter gekom het in die paar dae, was dat Suid - Afrikaners die beste tiepe mense is. As die musiek eers begin speel is daar niks beter nie. Almal dans en gaan tekere, almal sing asof dit hulle show is en as Bok van Blerk Da La Ray sing, kan jy nie help om trots Afrikaans te wees nie.
Toe Karen Zoid op die verhoog stap en aankondig dat sy en Francios van Coke n liedjie saam wil sing, was elke persoon op daai veld op hulle voete. Jy kon hoor hoe almal woord vir woord saam sing en aan hulle lippe hang. “ Toe vind ek jou …”
Nog n Hoogte punt was Liewe Heksie: Flower Power die Pantomime. Dit is die Cuteste ding ooit. Ek Is absoluut mal oor Liewe Heksie en Margit Meyer-Rödenbeck en Chris van Niekerk het hulle Karakters Heksie en Karel Kat, nuwe lewe laat kry. Liewe Heksie het ook die InniBos Toekenning gewen vir die mees suksesvolste Produksie op die fees.
Al was ons nie by die BosBioskoop nie was dit iets wat baie aandag getrek het. Jy kon gratis die nuutste Afrikaanse Films soos, Mooirivier, Treurgrong ens. kyk plus jy Score n Boksie popcorn.
Die fees het my hart trots Afrikaans laat klop en as jy dit die jaar gemis het stel ek voor dat jy solank jou slaapplek bespreek vir volgende jaar.

Verlang om daar te wees! Maak n plan vir aardklop! Jy ken mos mense op Potch! See ya there!!!!
ReplyDelete