Festival Ready – Innibos
Nelspruit is aan die brand die week, en ek bedoel nie nounet die warm temperature nie. Innibos fees is een van die lekkerste Afrikaanse feeste in die land. As jy nog nie jou tas gepak het vir die fees nie is ek bevrees jy gaan n serious fomo (Fear of Missing Out) aanval hê.
As jy wel oppad is is ek bly want dit is presies waaroor vandag se post gaan... FESTIVAL READY!
Eerstens moet jy seker maak jy pak al die nodige Bykomstighede in om jou fees onvergeetlik te maak.
Voor jy begin begin pak, maak n lysie van alles wat jy moet onthou, want sodra jy gaan begin pak gaan jy alles vergeet.
Onthou om al sewe jou verskillende pare sonbrille in te pak, jy weet nooit watter een lyk die beste nie. As jy hoed het wat gepas is vir die geleentheid pak hom ook in want jy wil nie die loser wees met die sonbril tan as jy saam met Bobby n foto neem nie.
Dit raak soms warmer as die Sahara woestyn as jy in die son rondloop of onder n tent sit, so wees gewaarsku moenie jou grootste Sneeu jas inpak nie want No 1 Hy gaan al jou pak plek opvat en No 2 Jy gaan hom nie dra nie. N lang broek met n kort of driekwart – mou hemp sal jou deur die dag kry.
Jy gaan orals heen loop so moet nie eers daaraan dink om jou nuutste of duurste skoene in te pak nie.
Dan moet jy ook n kamera vat of seker maak jou foon het genoeg spasie vir al die fotos wat jy gaan neem. As jy n selfie stok het, sal hy baie handig wees op die okasie maar omdat die mensdom dink dit is bietjie af om n Selfie stok te hê is dit moontlik dat jy hom nie in die feestrein mag invat nie en let’s face it, dit is bietjie awkward as jy die ding daar uitruk en in die proses iemand bewusteloos slaan.
Trek al die geld uit jou bank rekening uit, en kap jou spaar varkie oop want jy kan nie pannekoek koop met jou krediet kaart nie!
Dan die lang pad, 4 ure is nie kort nie, so maak seker jou oorfone is in, jou tablet en Foon is gecharge en maak ook seker jou jonger boetie of sussie het iets om te doen anders gaan jy nie die einde van die rit sien nie.

No comments:
Post a Comment