Hierdie Episode het twee weke terug gebeur maar vir een of ander rede dink ek vandag is n goeie dag om daaroor te skryf.
Ek en my vriendin het heel positief een Donderdag aand besluit dat dit n goeie idee is om te begin Spin. En nie spin soosin n kat nie Spin soosin Spinning op n fiets, in n klein kamertjie waar 12 ander mense saam met jou trap asof hulle lewens daarvan afhang.
Ons Twee stap daar in met vars gesigte, halwe waterbottels en drie langmouhemde wat bo oor mekaar aangetrek is. Min het ons geweet wat vir ons voorlê.
Ons mede-trappers se gesigte kon ons seker gewaarsku het, maar ons was reg vir die uitdaging.
Na die President van Spinland van haar fiets af gespring het, het sy ons vinnig vertel waarvoor ons onsself inlaat. Eers het sy vir ons gesê ons moet Onthou om die Safety Knop te trek as ons voel ons verloor beheer of as ons voete uit die pedaal uit gly, anders mag ons dalk n been verloor. Glad nie Scary nie. Sy het ook genoem dat ons Stadig van die fiets moet afklim en bly vashou anders mag ons dalk omval.
Toe ons begin trap was alles nog okay maar toe die President se “Op!” toe wou ek uitpaas in 2 Sekondes. Almal om ons Trap asof hierdie n Trap bootjie oefening is en ek voel hoe my bene stadig maar seker disintegreer. Nie net is die klas n uur lank nie, maar my waterbottel het n hawe druppel water in.
Vir die volgende Halfuur gaan dit toe orraait behalwe dat ek nie water het om te drink nie en dat ek so warm is soos n oop vlam.
Die laaste 15 minute was hel. Almal bid vir die einde maar die president trap aan. Terwyl “Naweek Lyfie” of een of ander Afrikaanse treffer, in die agtergrond speel.
Uiteindelik toe die musiek stop toe stop almal en toe is dit verby. Almal spring af van hul fietsies ek vrees net dat ek gaan omval. Maar ek het nie !
Ek kon toe darem self loop Kar toe en dit was glad nie nodig om n Rolstoel te huur nie.
Al was die volgende paar dae n lewende stryd om te loop, sit, lê en enige ander been aktiwiteit te doen was dit eintlik lekker. Al het ek dit baie dramaties laat klink.
As ons genoeg guts by mekaar krap sal ons dit More aand weer aanpak.
🙈😀my fondament was vir 2 weke seer!!!
ReplyDelete