So ek is bevoreg genoeg om die afgelope week en n paar dae in die Kaap rond te wandel.
Hou in gedagte dat ek nog nooit in die dorpe was nie. Dalk weet jy alklaar wat ek nou eers besef het.
Wat ek ontdek het in my eerste paar dae is dat dit n ander wereld is. Dis iets heeltemal vreemd vir n kind wat in die stad grootgeword het. Wat ek ook besef het is dat die mense nie weet hoe bevoorreg hulle is nie.
Die eerste Dorpie was Paternoster en ek kan eerlikwaar se dat dit soos n baba Griekeland is wat reg onder ons neuse sit. Die plek is twee klip goeie groot en dit is die mooiste plekkie wat ek nog ooit gesien het. Alles is wit en blou en dit is net baie meer uniek as enige dorp waar ek al ooit was. Daar is nie n straatlig van n dag oud nie en dit is so stil, jy voel sommer rustig binne die eerste paar minute wat jy daar kom.
Kaapstad is net amazing. Dis soos New York met n Tafelberg. In elke straat is daar n koffiewinkel en mense loop en ry fiets en daars toeriste orals. Mense loop met hulle honde en draf en dis net amazing dat hulle dit kan doen en nie vermoor word nie.
As jy by die Waterfrond sit dan voel jy of jy iewers in Frankryk langs die see is. Mense sit onder sambrele met wyn in die son en kuier.
Next stop is Stellenboch.
Dis net beautiful. Wynplase orals. Studente orals. Jy voel vreemd in n plek waar almal afrikaans is. Mense loop in die strate rond. Die strate is skoon en dis net berge waar jy kyk. Die restaurante en winkels is almal in n ry onder die bome. Orals waar jy kyk is studente. Ek raak skoon jaloers. Waar in JHB sal jy dit sien? Nerens.
So #ObsessedMetDieKaap deel 1 is nou verby.
Stay Tuned :)
No comments:
Post a Comment